Lianie May

Lank Lewe Die Liefde

Lank Lewe Die Liefde

Lianie May R 109.95


CD: Release Date: 8 March 2011
Catalogue Nr. # MZCD 13

Die gewilde Afrikaanse sangeres Lianie May se nuutste album, Lank Lewe die Liefde sal voor die einde van die maand op die rakke wees. Dit is ‘n vrolike country pop dansalbum. Lianie May se langverwagte nuwe album, Lank Lewe die Liefde beloof om jou voete te laat jeuk vir die dansbaan! Dit is haar vierde album en volg op die sukses van haar vorige drie albums wat almal topverkopers was. Lianie is baie opgewonde oor haar nuwe bekendstelling:”Dit is ‘n lekker album waarvan mense baie gaan hou. As jy van die album Vergeet my nie gehou het, sal jy beslis mal wees oor Lank Lewe die Liefde.” Lianie en Jay se twee duette, “In a moment like this” en “Toe stop my hart” het die hele land laat gons en hulle is een van die gewildste duetpare wat die land nog gesien het. Met die sukses van die twee liedjies, is daar geskaaf aan nog twee splinternuwe duette wat die publiek net ‘n voorsmakie gaan gee van Lianie en Jay se duetalbum wat net voor Kersfees beskikbaar sal wees! Gesoute musiekvervaardigers het die verwerkings op die album gedoen, insluitende Robin Keily, Marius Brouwer, Byron Kunz, Juan “Floors” Oosthuizen en Deede van der Hooven. Riana Nel, die nuwe fonds van Coleske Artists, het vyf nuwe en oorspronklike liedjies vir die album geskryf, wat jou sal terugneem na die dae toe toffie appels en bioskope die nuutste gier was. Lianie het ook weereens met die liedjie “Pleister van my hart” bewys dat sy ‘n liriekskrywer van formaat is. “Pleister van my hart” is die openingslied van die Afrikaanse rolprent, “Platteland” waarin Lianie die hoofrol vertolk.

Share This |

Tracklisting

Disc 1: Track 1 - Lank Lewe Die Liefde - Duet Met Jay 3:17 Play in Media Player
Track 2 - Call My Name - Duet Met Jay 3:45 Play in Media Player
Track 3 - Pleister Vir My Hart 3:44 Play in Media Player
Track 4 - Saam Is Ons Beter 3:56 Play in Media Player
Track 5 - Tennessee Waltz 2:46 Play in Media Player
Track 6 - Bekhou, Kophou 2:31 Play in Media Player
Track 7 - Anne Bokkie 3:4 Play in Media Player
Track 8 - Datenight 2:55 Play in Media Player
Track 9 - Kyk, Kyk, Kyk 2:54 Play in Media Player
Track 10 - Toe -n Twee Rand Nog Twee Rand Was 3:21 Play in Media Player
Track 11 - Lay Down Beside Me - Duet Met Jay 3:46 Play in Media Player
Track 12 - In a Moment Like This - Duet Met Jay 3:4 Play in Media Player

Find

 

Browse Categories